Main menu:
KUNSTENAARS3
Jennifer is gebore in Gansbaai en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek (Velddrif). Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury. Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 20 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope TIEN jaar professioneel. Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promuzik in Pretoria. Jennifer het voorheen bekend gestaan as "Die Singende Pers Sensasie". Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.
Jennifer is 'n Afrikaanssprekende sangeres en haar unieke van, Zamudio, is haar eie en is van Spaanse afkoms. Dit word foneties as volg uitgespreek "Za-moe-die-hou".
Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre. Sy is al deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die "Vrou met die Ontwerperstem".
Jennifer se talent is raakgesien in die jaar 2000 tydens die KKNK op Oudtshoorn deur een van die beste musiek promoters in die land, Lydia Winchester.
Jennifer het alreeds SEWE solo albums agter haar naam, LEEF, JY IS DIE EEN, EK HET JOU GEVIND, HART SE LOPER, HOOR HOOR, HIER'S MY HART en haar nuutste vrystelling,
'N DEKADE VAN MUSIEK, 'n dubbel CD ter viering van haar 10 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf. Van haar CD's het ook aan haar verskeie Musiektoekenning Nominasies besorg. Sy is ook al ingesluit op 9 verskillende kompilasie albums. Vele van Jennifer se liedjies het al verskeie Nommer 1 en ander top posisies bekleë op plaaslike radio stasies se Treffer Parades.
Website / Webblad
Terug / Back
© Kopiereg voorbehou.