Die inligting op hierdie webwerf word as ’n diens deur SAFeeste.com aan die publiek beskikbaar gestel. Die inligting hierin vervat mag slegs vir inligtinggewende doeleindes gebruik word.
Geliewe kennis te neem dat die Ooreenkoms soos in hierdie webblad vervat, onderworpe is aan die Suid-Afrikaanse Reg en dit sal as sodanig geïnterpreteer word.
HANDELSMERKE:
Alle handelsmerke of handelsname is die eiendom van die onderskeie eienaars.
Jy word verbied om:
*enige inligting hierin vervat, aan te pas;
*enige inligting hierin vervat kommersieel te eksploiteer of vir kommersiële doeleindes te gebruik;
*enige inligting hierin vervat in die openbaar ten toon te stel;
*enige inligting hierin vervat vir ’n openbare opvoering te gebruik;
*enige inligting hierin vervat, te verkoop of te verhuur;
*enige kopiereg- en ander kennisgewings wat SAFeeste.com en ander belanghebbendes se regte en belange beskerm, te verwyder.
REGTE TOT INLIGTING:
Inligting hierin vervat, is onderhewig aan kopiereg en word deur wêreldwye kopieregwetgewing en verdrae beskerm.
Inligting mag nie sonder SAFeeste.com of die eienaar se voorafverkrygde skriftelike toestemming gekopieer, geherproduseer, aangepas, elektronies of andersins versend of op enige wyse versprei word nie.
Behalwe soos uitdruklik hierin vervat, verleen nóg SAFeeste.com nóg die kliënte van hierdie diens enige uitdruklike, stilswyende of geïmpliseerde reg ingevolge enige kopieregte en/of handelsmerke.
SAFeeste.com behou die reg voor om sonder kennisgewing hierdie inligting te eniger tyd te wysig.
Rapport, SAFeeste.com se mediavennoot, behou die reg voor om enige materiaal wat op die webblad gelaai word vir besigheidsdoeleindes aan te wend. Alle feeste sal in Rapport se reisbylaag, Rondrits, bemark word onder SAFeeste.com se kalender.
GEBRUIKERS SE BYDRAE:
Enige materiaal of inligting wat jy na hierdie webblad versend, sal nie as vertroulike inligting hanteer word nie.
Dit is verbode om enige onwettige, onregmatige, dreigende, lasterlike, obsene, pornografiese materiaal of haatspraak hierdie webblad op te laai of te stuur.
KONTAKPUNTE TOT ANDER INLIGTING EN WEBWERWE:
SAFeeste.com het geen beheer oor ander webwerwe nie en is nóg verantwoordelik nóg aanspreeklik vir die inhoud van enige webwerf waarna verwys word of vir die inhoud van ander webwerwe.
SAFeeste.com behou die reg voor om enige verwysing na 'n webwerf te staak.
SAFeeste.com ondersteun geensins enige besighede of produkte waarna in enige webwerf verwys word nie.
Indien jy enige webwerf of enige ander elektroniese databasis gebruik of vir enige dienste registreer, geskied dit op eie risiko.
ALGEMENE INLIGTING:
SAFeeste.com mag te eniger tyd hierdie bepalings en voorwaardes hersien.
Besoek hierdie webblad vir die nuutste bepalings en voorwaardes.
Sekere bepalings sal onderhewig wees aan uitdruklike wysigings wat deur regskennisgewing aangebring sal word of mag aan spesifieke bepalings onderhewig wees wat in ander webbladsye vervat word. Bepalings en voorwaardes mag ook as sodanig gewysig of geïnterpreteer word.
SAFeeste.com kan nie verantwoordelik gehou word vir foute, foutiewe inligting, tipografiese foute of misleidende inligting wat deur kliënte opgelaai word nie.
SAFeeste.com behou die reg voor om enige inligting te wysig, te verwyder of na te gaan voor dit op die webblad geplaas sal word.
ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE:
SAFeeste.com sluit hiermee uitdruklik alle aanspreeklikheid, van watter aard ook al, uit wat mag ontstaan weens skade of verlies gely, deurdat 'n ontvanger handel na aanleiding van enige elektroniese kommunikasie ontvang vanaf SAFeeste.com of namens SAFeeste.com.
Alle elektroniese kommunikasie word as vertroulik beskou en is slegs vir die geadresseerde bedoel.
Enige ongemagtigde toegang tot sodanige kommunikasie is ontoelaatbaar.
Indien jy nie die gemagtigde ontvanger van die kommunikasie is nie, moet jy daarop let dat enige openbaarmaking, kopiëring of verspreiding van die inligting daarin vervat, verbode is en dat sodanige aksies tot 'n siviele geding teen jou kan aanleiding gee.
SAFeeste.com sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade wat jy mag ly omdat jy enige ongemagtigde inligting ontvang, bekom of gebruik het nie.
Jy word versoek om die versender wat hierdie ongemagtigde inligting ontvang het, in kennis te stel van sodanige kommunikasie en word versoek om meegaande data, waar ook al gestoor te vernietig.
SAFeeste.com sal onder geen omstandigdhede aanspreeklik wees vir enige skade of verlies vanweë data wat nie die bedoelde bestemming bereik het nie, of wat korrup is of wat met 'n rekenaarvirus besmet is.
Enige opinie vervat in enige kommunikasie is dié van die skrywer en nie die van SAFeeste.com nie en onder geen omstandigdhede sal SAFeeste.com enige aanspreeklikheid aanvaar vir skade of verlies gely vanweë sodanige opinie nie.
Enige ontvanger van onaanvaarbare inligting, ’n kettingbrief of offensiewe materiaal word versoek om dit by te rapporteer.
Die gebruik van hierdie webwerf is onderhewig aan aanvaarding van die bepalings hierin vervat.
© Alle kopiereg voorbehou.